My Cart

DEBORAH STEINMAR SE NUWE BOEK BEKENDGESTEL

Die Afrikaanse skrywer en joernalis Deborah Steinmar se nuwe boek, Poppekas, word 22 Maart by Rust-en-Vrede in Durbanville bekendgestel.

Volgens die persverklaring oor die boek, is Poppekas 'gewis een van die interessantste en onvoorspelbaarste novelles wat ek die afgelope tyd (in Afrikaans) gelees het. … ’n hoogs leesbare teks wat die argetipiese konvensies van die sogenaamde formuleliteratuur parodieer én verpulwer; bestaande grense uitdaag en tradisionele leesverwagtings ondermyn.'  – Thys Human  

'Wiesa is ’n sub in die nagkantoor van ’n dagblad. Sy kan nie versin nie. Sy skryf om by die waarheid uit te kom. Te veel vreemde en onheilspellende dinge gebeur en sy begin dagboek hou daarvan. Waar is Harm? Wat gaan aan in die boonste verdiepings van die mediatoring? Sy durf die korporatiewe reus kaalvuis aan en verruil haar woordeboek vir karate-kata's, koes vir die koeëls en stoei met bestaanskwessies.'

Leopard's Leap borg die boek se bekendstelling. Besoek http://rust-en-vrede.com/ om die bekendstelling by te woon.

Leave your comment